Bookmark : http://www.bellvillesakekamer.co.za/26/ahi-promotions
Skip to : [Content] [Navigation]

Op Spesiale Aanbieding

AHI / b-Smart Kaart

Geldig vanaf : 17 March 2010 tot 01 March 2011

AHI / b-SMART KAART BESKIKBAAR EKSKLUSIEF AAN AHI-LEDE

AHI-lede sal voortaan deel kan wees van die nuwe AHI / b-Smart kontant-terug koopkaart. Hierdie opwindende nuwe projek bied nie net voordele aan u as individu nie, maar ook aan betrokke Sakekamers asook die AHI.

Kry tot 5% kontant-terug bonus op u jaarlikse aankope met u AHI/b-Smart kaart

Ontvang tussen 2.5% en 3% terug op voedsel aankope en 5% op die meeste ander aankope, wat beteken geld terug in u sak vir iets so algemeen soos inkopies doen! U ontvang ook ’n volle 5% terug op u maandelikse motor- en huishoudelike versekeringspremies, hetsy u ’n eis ingedien het of nie. Hierdie kontant-terug bonus word jaarliks aan die einde van November uitbetaal, net betyds vir Kersinkopies! (Daarom is die AHI/b-Smart koopkaart nie net nóg ’n kredietkaart nie!!)

Wye reeks handelaars waar u kan koop!

Daar is tans meer as 5,000 handelaars waar u kan koop. Handelaars sluit in Woolworths, Shoprite- en Checkers-winkels, Cape Union Mart, Truworths, Game, uitgesoekte Spar/Superspar-winkels, Trade Centre, Dis-Chem, Builders Warehouse, Brights, Tafelberg Meubels, uitgesoekte Pick ’n Pay Familiewinkels en nog vele meer!

Inkomstestroom vir betrokke Sakekamers asook AHI

Nóg meer is dat deelnemende Sakekamers asook die AHI kommissie verdien op elke suksesvolle aansoek. Eenmalige asook maandelikse kommissies sal aan die Sakekamers en AHI oorbetaal word en sodoende ’n permanente inkomstestroom voorsien.

Kaapse Verbruikers is reeds die afgelope 60 jaar een van die voorlopers in die industrie met meer as 50,000 kaarthouers en ’n jaarlikse omset van meer as R915 miljoen. Gedurende November 2009 is bonusse van R37 miljoen aan lede uitbetaal. (Meer as R170 miljoen se bonusse is die afgelope 5 jaar uitbetaal.)

Ons vertrou dat ons binnekort u voltooide aansoekvorm terug sal ontvang sodat die bostaande voordele spoedig benut kan word. Onthou asb. om u betrokke Sakekamer op die aansoekvorm aan te dui (afdeling H) wanneer u die vorm invul.

Vir meer inligting kan u Kaapse Verbruikers Bemarkingsafdeling kontak by telefoon 021 409 7600 of e-pos capecon@capeconsumes.co.za.

Vir meer inligting gaan na :http://www.capeconsumers.co.za

Bykomende dokumente


Azapi IT Services Website Design - Get a SUPER website quote